My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Dis MY Boek deur Fabi Santiago

Write a review
R 160.00
Quantity
- +

Publikasiedatum: Julie 2018

Wat is die beste manier om 'n boek te lees as jy 'n kameelperd is?

Kerneels die kameelperd is baie opgewonde toe hy 'n boek in die veld optel. “Ek is MAL oor boeke!” roep hy uit.

Maar elke keer as hy die boek probeer lees, word hy deur sy dieremaats in die rede geval. Hulle wil almal vir hom voorsê hoe jy eintlik veronderstel is om 'n boek te lees. Moet jy plat op jou maag lê soos 'n krokodil, op een been staan soos 'n flamink, of selfs onderstebo hang en heen en weer swaai soos 'n apie?

Kerneels het genoeg gehad en stap vies weg ... maar kort voor lank ontdek hy die heel beste manier om 'n boek te lees - saam met al sy dieremaats!

'n Bekoorlike prenteboek oor die vreugde van lees - en hoe om boeke op jou eie manier te geniet!
Standaard afleweringsterme is van toepassing.