My Cart

Close

Dit Proe soos Huis deur Herman Lensing

R 365.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R500.00.

Publikasiedatum: September 2019

In Dit Proe soos Huis eer Herman Lensing sy ma met sy uitsonderlike talent. Hy klits haar lekkerste resepte en hul eie stories saam soos net hý kan. Hy neem ons op ’n kosreis – van sy grootwordjare in Upington waar sy passie vir kos ontvlam het, tot Hartenbos se jaarlikse kampritueel (met hope padkos) en eindig rondom sy eie Kaapse kombuistafel waar hy sy ma ’n resepkinkel of twee kon leer.

Susan Lensing het almal gevoer wat kom kuier of net aan die deur geklop het. Meer nog, sy het vir hulle padkos vir die siel gebied.

Haar leuse was: “My kind, kos is nie kwaad nie. Nooit nie. Kos vergewe en bring mense saam. As ons net aanhou kook, sal ons die wêreld een bord op ’n slag mooier maak.”

Dié pragfotoboek vol onthou­-resepte is ’n kosverhaal wat dít wat is, verbind met dít wat was.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Hello You!

Join our mailing list