My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R550.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Berlyn Noir 3: Doodslied vir Duitsland deur Philip Kerr

Write a review
R 250.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Augustus 2019 

“Bernie Günther is pure speur-plesier. Philip Kerr is ’n misdaadfiksiereus.” – Deon Meyer

 

As ’n polisieman in Berlyn het inspekteur Bernie Günther reeds vroeg in die 1930’s met boosheid kennis gemaak. Nou, in 1947, is die Tweede Wêreldoorlog verby en Bernie – ’n gesoute privaatspeurder – moet die moord op ’n Amerikaanse Nazi-jagter ondersoek. Maar daar is een gróót probleem: die vermeende moordenaar is een van Bernie se oudste vriende, ’n kollega uit sy Kripo-dae. Moet Bernie sy lojaliteit aan sy vriend bewys, of eerder seker maak dat reg en geregtigheid seëvier? Maar skuil daar nie dalk meer agter hierdie
vreemde saak nie?

In Wene, ’n eens weelderige stad wat nou in puin lê na afloop van die oorlog, volg Bernie verskeie leidrade wat almal na een verdagte lei: ’n oud-Gestapo-hoof met ’n lys van wandade wat die vergrype van die oorlog na kinderspeletjies laat lyk …

Doodslied vir Duitsland, die Afrikaanse vertaling van A German Requiem, is die
laaste boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, sy historiese speurreeks wat wêreldwyd ’n topverkoper is.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.