Doodslied vir Duitsland - 'n Bernie Gunther Speurverhaal deur Philip Kerr
- Regular
- R 196.00
- Sale
- R 196.00
- Regular
- R 280.00
- Unit Price
- per
Nasionale aflewering 3-5 dae!
Publikasiedatum: Maart 2021
“Bernie Günther is pure speur-plesier. Philip Kerr is ’n misdaadfiksiereus.” – Deon Meyer
Oor Hans-Nazi’s: “Slim, skerp, spannend en supersnaaks.” – Karin Brynard
Oor Doodsbleek: “Hans-Nazi’s was ’n aangename lees-verrassing. Doodsbleek is selfs nog beter.” – Volksblad
Oor Doodsbleek: “Günther is alles wat ’n mens van ’n privaatspeurder in ’n noir-roman verwag.” – Beeld
Oor Doodsbleek: “’n Indrukwekkende voorbeeld van hoe daar gemaak moet word met die vertaling van misdaadfiksie in Afrikaans.” – Rapport
As ’n polisieman in Berlyn het inspekteur Bernie Günther reeds vroeg in die 1930’s met boosheid kennis gemaak. Nou, in 1947, is die Tweede Wêreldoorlog verby en Bernie – ’n gesoute privaatspeurder – moet die moord op ’n Amerikaanse Nazi-jagter ondersoek. Maar daar is een gróót probleem: die vermeende moordenaar is een van Bernie se oudste vriende, ’n kollega uit sy Kripo-dae. Moet Bernie sy lojaliteit aan sy vriend bewys, of eerder seker maak dat reg en geregtigheid seëvier? Maar skuil daar nie dalk meer agter hierdie vreemde saak nie?
In Wene, ’n eens weelderige stad wat nou in puin lê na afloop van die oorlog, volg Bernie verskeie leidrade wat almal na een verdagte lei: ’n oud-Gestapo-hoof met ’n lys van wandade wat die vergrype van die oorlog na kinderspeletjies laat lyk … Doodslied vir Duitsland, die Afrikaanse vertaling van A German Requiem, is die laaste boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, sy historiese speurreeks wat wêreldwyd ’n topverkoper is.