Droomboom deur Marie Spruyt

Regular
R 208.00
Sale
R 208.00
Regular
R 260.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 15-21 dae!

Publikasiedatum: Februarie 2022

Wanneer sy skrywersverblyf in Killaloe, ’n klein Ierse dorpie, aangebied word, gryp professor Mariaan die geleentheid aan. Só kan sy Suid-Afrika en die trauma van die studenteopstande agterlaat. Sy kan fokus op haar vertaling van die tesis oor Afrikamites en -legendes en vergeet van die geweld en haar kollega se dood. Ierland, met sy magiese landskap, legendes en kleindorpse rustigheid, oorrompel haar. Sy maak nuwe vriende en begin selfs ’n tentatiewe verhouding met Declan. Wanneer sy egter uitvind dat hy bande met die Ierse Republikeinse Leër het, besef sy dat geweld en gevaar oral aanwesig is. Droomboom is ’n verhaal van vergifnis en aanvaarding, en die helende krag van vriendskap en liefde.