My Cart

Close

Eendag is Nou deur Kristel Loots

R 285.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R500.00.

Publikasiedatum: November 2019

Jacomien wag al haar lewe lank op eendag om waarlik gelukkig te wees, net om met ’n donderknal te besef ‘eendag’ is hier, eendag is nóú ...

Jacomien se lewe bestaan daaruit dat sy haar man, ’n eiendomsagent, na begrafnisse vergesel om te ‘netwerk’ en huise wat te koop mag wees op te spoor. Dis een van die rare maniere waarop die nimlike Franco sy sake bedryf en goeie vrou wat sy is ondersteun sy hom daarin.

Maar Jacomien is moeg en verveeld met Franco en hulle manier van lewe. Sy verlaat die gesin se huis in Panorama om in ’n strandhuis te gaan bly. Haar lewe lank wag sy op eendag om waarlik gelukkig te wees, net om met ’n donderknal te besef dat eendag nie meer op háár wag nie. Eendag is hier, eendag is nóú. Jacomien is amper sestig en Vader Tyd is ’n ou bogger wat niemand ontsien nie. Ook die mooie Jacomien se uurglas loop leeg.

Om die kroon te span is haar twintigjarige dogter Klara begogel met haar filosofieprofessor en Jacomien, immer die ‘interfering mother’, se bekommernis hieroor dryf haar om nader kennis te maak met hierdie akademikus; want Jacomien dra die letsels van haar eie aaklige ervaring aan dieselfde universiteit. Een verkeerde keuse het ’n skadu oor die res van haar lewe gegooi en haar in ’n rigting gestuur waarin sy nie werklik wou gaan nie.

Maar haar hart is honger vir liefde en sy besef gister is verby, aan môre kan sy niks doen nie, maar sy kan elke dag leef asof dit haar laaste is. Want ‘eendag’ is nóú.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Hello You!

Join our mailing list