My Cart

Close

Ek is Hendrik Witbooi deur Conny Braam

R 295.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publiekasiedatum: Julie 2019

In 1884 begin Hendrik Witbooi en sy Namavolk met ’n profetiese trek na die vrugbare noorde om aan die droogte van die Kalahariwoestyn te ontsnap. Terselfdertyd stap die keiserlike afgevaardigde dr. Göring sowat ’n honderd kilometer daarvandaan aan land in die nuwe Duitse kolonie Suidwes-Afrika – die huidige Namibië.

Daarop volg ’n stryd om lewe en dood tussen die Duitse Schutztruppe en die Afrikane wat vir hul onafhanklikheid veg.

 Die honderde briewe wat deur Hendrik Witbooi aan Duitse goewerneurs, Engelse magistrate en Afrikaleiers geskryf is, het aan Conny Braam unieke insig gegee in die wêreld van Witbooi: sy liefde vir die ou volk van die Khoisan, die leringe van sendeling Olpp, sy verontrusting oor die Westerse kredietstelsel wat van sy volk slawe sou maak en sy intense verdriet toe hy besef dat keiser Wilhelm II die totale vernietiging van die opstandige inheemse bevolking eis.

 In 1904 lei die tagtigjarige Hendrik nog een keer die opstand teen die Duitse koloniale leër. Hy sou die geskiedenis ingaan as een van die grootste vryheidstryders wat Afrika geken het.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Hello You!

Join our mailing list