Bedside Table Reads
Who doesn't love a pile of book on their bedside table. So here are lists of books that we love arranged in our very own way to help you find the perfect book, or at least have fun trying.
Publikasiedatum: Januarie 2014
Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor ’n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net ’n swart vlek op die vlakte.
En aan die rand hiervan gloei ’n tent soos ’n lantern. Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeët sien van ’n man wat oor die klawerbord van ’n klavier buig. Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van ’n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid.
Jare later buig majoor Philip Brooks in ’n biblioteek oor ’n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het.
Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het. Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto’s geneem het.
Standaard afleweringsterme van toepassing.
Who doesn't love a pile of book on their bedside table. So here are lists of books that we love arranged in our very own way to help you find the perfect book, or at least have fun trying.
What's new at UPPERcase, every month we release a newsletter featuring the coming months books, events and so much more, subscribe below to never miss a newsletter again.
Get your news releases on our online store or in our physical store. If you don't see the new book you are looking for, pop us an email and we'll help you find it!