My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN THREE WEEKS. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Geknelde Land deur FA Venter

Write a review
R 250.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: April 2017

Hoe gebeur dit dat ’n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek? In Geknelde landgee FA Venter ’n diep-menslike antwoord op dié en ook op baie ander vrae oor die Groot Trek. Dit is die verhaal van die Dreyer-gesin van Grensplaas en vertel van die ontberings en terugslae wat dié boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek. Die hooffiguur, Rudolf Dreyer, weier aanvanklik om sy plaas te verlaat, selfs nadat dit verwoes is. Geknelde landis ’n uitbeelding van die konflik in Rudolf se gemoed en die stryd wat hy met sy medemens en met homself voer voordat hy tot ’n besluit gedwing word.

OOR DIE OUTEUR

Frans Venter (1916–1997) gaan skool op Strydenburg en Hopetown en studeer later letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Vanaf 1938 is hy joernalis totdat hy as enigste seun hom in 1959 op die familieplaas, Constantia, vestig. Hy ontvang die Hertzogprys vir Prosa in 1976.

Standard delivery terms apply.

Out of stock items can be ordered. Contact robyn@uppercasebooks.co.za to place your order.