My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Helena Hugo Derde Keur deur Helena Hugo

Write a review
R 235.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 7-14 dae!

Publikasiedatum: Julie 2020

In Alinda se lampie werk Alinda al lank in SaoediArabië, en van ’n prins op ’n Arabierperd is daar geen sprake nie. Haar lewe is vervelig . . . tot ’n man op ’n dag voor haar staan met ’n silwerlampie. “Magic lamp will make you happy,” sê hy. Alinda kan doen met ’n bietjie geluk noudat prinses Irmina dr Danie Hartogh se hart gesteel het. Sy koop
die lampie net daar. Wie weet, dalk kan ’n towergees haar help om sy liefde terug te wen . . .


In Narkose vir die hart het dr Saranie du Plessis haar worshond, haar lovebirds en haar narkotiseurstudies. Meer soek sy nie. Dat sy aan die verkeerde kant van dertig en steeds manloos is, is iets wat haar familie groter hoofbrekens besorg as vir haar. Daar is egter één man wat haar hart vinniger kan laat klop: die afsydige dr Franz Strauss. Hy staan bekend as die Walskoning, en Saranie sal voorwaar nie omgee om deur hom uit haar skoene gedans te word nie. Net jammer dat die draak Glenda Olckers reeds haar kloue in Franz geslaan het . . .

Standaard afleweringsterme van toepassing.afr