My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN THREE WEEKS. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Hoop, heling en harmonie: Dink nuut oor siekte en genesing deur Malcolm de Roubaix

Write a review
R 290.00
Quantity
- +

Nationale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Augustus 2020

Hierdie boek fokus op die aard en wese van ernstige siekte: wat siekte is, hoe dit ons menswees aantas. Ook die impak van godsdiens, emosies en ideologie op siektebeskouings word bekyk, sowel as die oorverwetenskapliking en gepaardgaande depersonifikasie van siekte. Die oogmerk is dat pasiënte hiervan moet kennis neem omdat veral persone wat aan ernstige siekte ly afhanklik en kwesbaar is.

Die belang van hoop in die behandeling en verwerking van ernstige siekte word bespreek; die noodsaak om heling te bewerkstellig wat nie sinoniem is met genesing nie, maar met die uiteindelike doel om vrede – harmonie – in die gemoed te bewerkstellig. Die onderwerpe wat aangeroer word, word dikwels in tydskrifte en oor die radio bespreek, en dit is tydig om oor hierdie onderwerpe na te dink. Daar bestaan geen boek in Afrikaans of Engels met ’n sistematiese bespreking soos die outeur hier doen nie. Die teks is toeganklik, met heelwat inligting. Nogtans sal die leser uitgedaag word om as ’t ware opnuut oor siekte na te dink.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.