My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN THREE WEEKS. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

In Jou Gedagtes deur Herman van Veen

Write a review
R 148.00 R 185.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Maart 2020

In jou gedagtes kan jy orals wees, in die hemel sonder om eers dood te gaan, en hop-hoppetie-hop oor die Himalajas … In jou gedagtes kan jy wees net wat jy wil, en ook alles word. Soos ’n walvis wat kan vlieg. Of ’n rob wat kan lees. In jou gedagtes kan jy doen wat jy glad nie kan doen nie. Jy kan hê net wat jy wil, en begryp wat jy nie verstaan nie. En weet dat die tyd net ’n grappie van die son is.

In Jou Gedagtes is ’n atmosferiese prenteboek oor hoe jy in jou gedagtes byna enigiets kan vermag. Jou gedagtes stel jou miskien selfs in staat om te begryp hoe ’n kindjie kan doodgaan, en ’n oupa gebore kan word.  “Hierdie boekie het ek geskryf,” sê Van Veen, “ná ’n geselsie met ’n man en ’n vrou wat my vertel het dat hul kindjie dalk nou ’n engeltjie is”. ’n Prenteboek oor lewe en dood, geskik vir jonk én oud.

Standaard aflewerinsgterme is van toepassing.