My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R550.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Kaburu deur Deon Opperman

Write a review
R 175.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Julie 2021 

Kaburu is die eerste keer opgevoer by Aardklop in 2007, met ’n rolverdeling wat onder andere Wilna Snyman, Deon Coetzee, Frans Marx en Sandra Prinsloo ingesluit het. In hierdie drama word die gehoor gekonfronteer met die gevolge van keuses waarmee bykans alle Suid-Afrikaners kan identifiseer. Elna en Bertus, wat reeds geruime tyd in Kanada bly, besoek Elna se ouers in Suid-Afrika vir haar pa se verjaarsdag. Hulle besoek lei tot ’n hartverskeurende verantwoording van keuses wat elk van die familielede voorheen uitgeoefen het.

Volgens prof. Johan Coetzer van Unisa is Kaburu se trefkrag veral geleë in die wyse waarop dié verrekening emosioneel met aktualiteite van die dag skakel. Dit sluit kwessies in soos emigrasie, die behoud van bande met die geboorteland, nagevolge van die Angolese bosoorlog, moorde op bejaardes en sosiale onsekerhede as gevolg van kriminele geweld. Hiermee gee Opperman dramaties gestalte aan die gedagte dat die persoonlike dikwels ’n politieke strekking het. Ook ander verwysingsraamwerke tree na vore, waaronder die invloed van die geskiedenis en die soeke na identiteit.

Die titel aktiveer die opvallendste raamwerk van hierdie besondere drama. Na afloop van die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899–1902) het plaaslike inwoners die naam “Kaburu” aan Afrikaanse uitgewekenes in Kenia toegeken. Vandag bestaan die Kaburu nie meer nie.