Kaivrou 1: Marilyn deur Chanette Paul

Regular
R 280.00
Sale
R 280.00
Regular
R 350.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Julie 2021 

Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe.


Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. So ver terug as daardie jaar toe sy

Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting. Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het.

Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ‘n mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie ...