My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Kasselman 09: Merk deur Rudie van Rensburg

1 Review
R 228.00 R 285.00
Quantity
- +

Email me when this is available

Publikasiedatum: Julie 2020 

Kassie Kasselman het geglo sy dae as speurder is getel ná die afgryslike Medusapedofielsaak, en sy hartaanval. Die talle noue ontkomings in sy polisieloopbaan van sesendertig jaar het by hom bly spook.

Maar ses maande by die huis bring perspektief: Hy is ’n speurder in murg en been. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi toe hulle opdrag kry om ’n reeksverkragter vas te trek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk, soos boere met hul vee. Die saak kry ’n nog grusamer kinkel toe een van die slagoffers wreed vermoor word. Kassie en die kriminele profileerder wat aan hul eenheid toegewys word, stamp boonop koppe.

Is die verkragter die man wat deur sy kennisse beskryf word as “’n weerwolf met die sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die spesifieke merk wat hy op sy slagoffers inbrand?

Standaard afleweringsterme is van toepassing.