My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Kate in Harmonie deur Jacolet van den Berg

Write a review
R 195.00
Quantity
- +

Publikasiedatum: Mei 2018

Kate se hele lewe is op sy kop gekeer. Nadat haar pa sy werk verloor, trek hulle gesin sak en pak na 'n plaas naby die Paarl.

Dit beteken Kate moet haar hele lewe in Johannesburg en die Fab-susters, haar beste vriendinne, agterlaat om graad elf in 'n nuwe skool te begin, terwyl sy probeer aanpas by die rustige plaaslewe. Haar broer moet in sy matriekjaar sy plek in die eerste rugbyspan en sy leerlingraadsbalkie prysgee.

Sommer die eerste dag op Uitkyk trek een van die perde Kate se aandag. 'n Wit-en-bruin hings met vurige donker oe. Die perd se naam is Harmonie, maar dit pas glad nie by hom nie. Hy is in harmonie met net mooi niks. Wanneer iemand dit naby hom waag, raak hy wild en hy laat nie 'n saal op sy rug toe nie.

Will, die plaaseienaars se seun, bied aan om vir Kate perdrylesse te gee. Maar hy maak geen geheim daarvan dat hy reken die stadsjapie-meisie wat vir perdemis gril, gaan nie die mas opkom nie. Hy hou egter nie rekening met Kate se vasberadenheid nie.

Iets aan Harmonie trek haar aan, lok haar elke keer terug na sy kamp waar sy ure lank sit en die perd se grasieuse lyne in haar sketsboek teken. Hoe meer sy oor Harmonie se verlede uitvind, hoe sterker word die band tussen hulle. En toe Harmonie se toekoms in die weegskaal beland, moet Kate die dapperste ding van haar lewe doen.

Standaard afleweringsterem is van toepassing.