Kinders van die gode 2: Die profesie van die bloedpêrel deur Antoinette Venter (Word Junie 2022 Verwag)

Regular
R 170.00
Sale
R 170.00
Regular
R 0.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nog nie beskikbaar nie!

Publikasiedatum: Junie 2022 - Voorafbestellings Nou Oop!

Cassandra se ma Janet, ’n kampioenbranderplankryer van Jeffreysbaai, verdwyn een aand geheimsinnig in die see. Sy laat vir Cassandra ’n pêrelhangertjie agter, maar Cassandra kom gou agter dat dit geen gewone pêrel is nie: Dis ’n bloedpêrel gesmee uit godebloed, want beide Cassandra en Janet is afstammelinge van die seegod Poseidon.

In hierdie tweede boek in die Kinders van die gode-reeks reis Cassandra terug in tyd na die stad Atlantis. Hier moet sy die profesie van die bloedpêrel vervul deur te keer dat Poseidon se dogter, Cymo, dié stad en al sy inwoners vernietig.