My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Kitaar my Kruis deur Adam Small

Write a review
R 160.00
Quantity
- +

Publikasiedatum: 05/18

Kitaar my kruis is vir die eerste keer in 1962 deur H.A.U.M. gepubliseer, en die tweede uitgawe het sewe herdrukke beleef. In sy huldeblyk getiteld “Die Groot Small”, gelewer te Stellenbosch op 7 Maart 2006 (op LitNet beskikbaar), maak Steward van Wyk die volgende opmerkings oor Small se werk:
'n Deurlopende tema in Small se werk is die uitbeelding van die wel en wee van die onderdruktes en die werkersklasgemeenskap onder die beleid van apartheid. In die digbundels Kitaar my kruis en Sê Sjibbolet loods hy 'n fel aanval op kwessies soos gedwonge verskuiwing, rasseklassifikasie en -diskriminasie en aparte geriewe. Hy maak veral gebruik van satire om die onhoudbaarheid van die stelsel en die valse waardes van gesagsfigure uit te wys.
Small se identifikasie met sy karakters vind neerslag in sy gebruik van Kaaps - volgens hom 'n volwaardige taal waarin mense hul eerste skreeu en hul laaste doodsroggel gee. Wat in heelparty gedigte opval, is die gebruik van refreine en herhaling, wat as 't ware die gemeenskap se vrese waarskuwings en aanklagte van die tyd eggo (Van Wyk, 2006). Verder is daar 'n sterk Ou Testamentiese inslag, maar ook talle verwysings na die geboorte en wederkoms van Christus. Volgens Van Wyk word dié gegewe op die lotgevalle van onderdruktes van toepassing gemaak, oa die geskiedenis van Moses en die Israelitiese volk onder Egiptiese slawerny: Soos Moses met sy staf, moet die digter met sy kitaar sy mense lei, maar omdat die taak so moeilik is, word die kitaar ironies ook sy kruis. Só lui die openingsgedig byvoorbeeld.

Standard delivery terms apply.

Out of stock items can be ordered. Contact robyn@uppercasebooks.co.za to place your order.