My Cart

Close

Klapperhaar Slaap nie stil nie deur Kirby Van der Merwe

R 300.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: Augustus 2019

Kinta is omgekrap. Met moeite het sy haar losgemaak van haar eenvoudige agtergrond en familie, en nou dwing ’n ou man in ’n komatoestand, ’n pa wat sy kwalik ken, haar terug in die geselskap van haar halfbroer Abe – pastoor Abe Januarie met die bose glinstering in sy oog, ’n swendelaar wat alles verteenwoordig waarvan sy probeer wegkom.

Dit is ook haar onbekende pa se doen en late wat haar laat kennis maak met Hans Brink. Kinta kan die ou alleenloper wat so swygsaam langs die hospitaalbed sit net nie met rus laat nie; sy vermoed dat hy meer weet van die stil figuur met die toe oë en die duiwelse glimlaggie as wat hy wil toegee.

Maar van almal wat besoektyd opdaag, is dit Gustav van As wat dit vir Kinta die moeilikste maak om soos voorheen voort te gaan: ’n suksesvolle professionele vrou wat haar na willekeur kan terugtrek in ’n huis en belangstellings wat sy soos ’n muur om haar opgerig het.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Hello You!

Join our mailing list