My Cart

Close

Kleur kom nooit alleen nie deur Antjie Krog

Write a review

R 230.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R350.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN TWO WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO!

Publikasiedatum: November 2019 

Hierdie bundel is ’n ondersoek en konstruksie van ruimte en identiteit in die landskap van Afrika. Dit gee uitdrukking aan die verwonding en die hestel, die wondbaarheid en die weerbaarheid, op alle vlakke van menswees. Antjie Krog dig onbeskroomd oor wat hard en gewelddadig is, maar onder die oppervlak word die idee van mededeelsaamheid geweef. Die skakel tussen kleur en wond word
deurstraal: of dit gaan oor die Boerekinders in die konsentrasiekamp,
of die swart kinders in die township; oor ’n griot in Wes-Afrika of die klaaglied van ’n moeder.

Antjie neem die leser op ’n fisiese en sielkundige reis van versoening, of vereniging van mense wat voorheen deur ras, klas en politiese ideologie geskei was. Kleur kom nooit alleen nie is ’n bundel wat die manier hoe jy na die wêreld kyk sal verander – met meer begrip, met meer deernis.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Hello You!

Join our mailing list