My Cart

Close

Lag Sonder Grense deur Ian Wessels

R 280.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: 09/18

Lag jou slap saam met een van RSG se gunsteling-omroepers! 

Het jy die een gehoor van die radio-omroeper, die boek en die honderde grappies? 

Ná die wegholsukses van Ian Wessels se vorige grapboek, Genade! EdeLAGbare, het hy nog ’n humoristiese boek saamgestel wat jou sal laat skaterlag! 

Lag Sonder Grense bars uit sy nate van die grappe. Dié gewilde omroeper van Radio Sonder Grense (RSG) spaar niemand nie: Almal – van skoonma tot manlief; van baas tot Klaas – loop deur. Ian skeer heerlik die gek met alles wat ’n mens soms tog so swaar op die hart lê. 

Nie net sal Lag Sonder Grense jou laat skud van die lag nie, dit sal jou ook genoeg materiaal gee om die beste grappe by jou volgende braai te vertel. 

Lees, lag en voel ligter! 

Waar pas die boek in? 

Lag Sonder Grense is Ian Wessels se derde boek en die tweede in ’n reeks lagboeke. Die eerste, Genade! EdeLAGbare (2016), was ’n yslike sukses en daar is meer as 11 000 van dié grapboek verkoop. Hierdie opvolg-grapboek word weer in samewerking met Radio Sonder Grense (RSG) uitgegee, wat ongetwyfeld weer tot die boek se sukses sal bydra. Wessels het ook in 2011 ’n humoristiese boek in samewerking met RSG uitgegee getiteld Loslippig.

Standard delivery terms apply.

Out of stock items can be ordered. Contact robyn@uppercasebooks.co.za to place your order.

Hello You!

Join our mailing list