Bedside Table Reads
Who doesn't love a pile of book on their bedside table. So here are lists of books that we love arranged in our very own way to help you find the perfect book, or at least have fun trying.
Publikasiedatum: Augustus 2018
Wat het ’n geheime organisasie en ’n kultus met korrupsie in hoë plekke te doen?
Vyf meisies is reeds gemartel en vermoor voordat Renata Malan en haar span deur die polisie gekontrakteer word om ’n nuwe geval te ondersoek. Elke geval is doelbewus geplant sodat dit ontdek móés word en die modus operandi laat geen twyfel dat dit ’n reeks is nie.
Maar die spoor is koud. Identifikasie is onmoontlik vanweë hu gesigbeserings. Dit maak slagofferprofilering onmoontlik, want hoe vang mens ’n moordenaar as jy nie weet wie die slagoffers is of waar hulle vermoor is nie? Die enigste ander leidraad is ’n belofte van nog ’n moord oor drie en dertig dae.
Toe die outistiese forensiese beeldhouer in hegtenis geneem word, gaan rooi ligte aan vir Renata, en sy en haar span delf dieper. Word iets toegesmeer? Speel die obskure Noagsgemeente dalk ’n rol? Tot watter mate sal die Vrymesselaars een van hulle lede beskerm? Wat weet Mistress Raven, die eienares van die kerker waarin sado-masochiste hul seksspeletjies beoefen? En wat sal die versteurde Chanté Naudé-Mulder nóg doen om Stefan deel van haar lewe te maak?
Lam ter slagting vertel die verhaal van korrupsie, mensehandel, geldwassery, bissare seks en ’n buitensporige magsdrang teen die agtergrond van die donker bedrywighede van ’n kultus en die geheimhouding eie aan die hoogste graad van Vrymesselary.
Standaard afleweringsterme is van toepassing.
Who doesn't love a pile of book on their bedside table. So here are lists of books that we love arranged in our very own way to help you find the perfect book, or at least have fun trying.
What's new at UPPERcase, every month we release a newsletter featuring the coming months books, events and so much more, subscribe below to never miss a newsletter again.
Get your news releases on our online store or in our physical store. If you don't see the new book you are looking for, pop us an email and we'll help you find it!