My Cart

Close

Lank, donker en dierbaar deur Madelie Human

R 95.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: September 2019 

Reg en geregtigheid met meer as ʼn tikkie liefde daarby ...

 Rochelle Benade, maatskaplike werker en kampvegter vir dié wat nie vir hulself kan baklei nie, kom in die hof te staan teenoor die silwertong prokureur, Zirk Heyns. Wat oorreed ʼn intelligente man soos hy om aan die kant van gewetenlose kindermishandelaars te wees?

Algaande kom sy agter hy is egter nie die duiwel waarvoor sy hom aansien nie – sy ouma dink selfs hy is dierbaar! Van ‘dierbaar’ weet sy nie, maar dat hy haar kiewe laat water, is vir seker, al glo sy nie aan romantiese liefde nie. Sy weet dit vervaag en droog baie vinnig op – sy het dit dan self gesien in haar ouers se ongelukkige huwelik.

Zirk wil haar beskerm en versorg, terwyl sy verbete veg vir haar onafhanklikheid en dit laat die vonke tussen hulle spat. Toe ʼn ontsnapte misdadiger wraak sweer teen hulle albei en boonop haar lewe bedreig, besef Zirk dat hy enigiets sal doen om haar te red.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Hello You!

Join our mailing list