My Cart

Close

Lucky Strike deur Steve Hofmeyer

R 210.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publication Date: 07/18

Jy mag dink jy is klaar met die verlede, maar eintlik is die verlede nooit klaar met jou nie. Net toe Die Sluiper sy rug wou keer op sy lewe as huurmoordenaar en vrede met die wêreld wil maak, vind hy dat sy verlede hom ingehaal en verbygegaan het. Dit wag vir hom op ’n wildsplaas in die Kgalagadi, en ook in Kabinda in die DRK tussen strydende militêre magte. Daar sal rekenskap wees. En vergelding. Hy is gereed daarvoor, want hy was in sy element – die element van vrees.
 
Maar eers wag sy neef, majoor Darius Keiser, en sy geliefde Tes op hom. Ook sy twee eertydse kamerade in Spesmagte, Gertjan en Carlos. En die lang vrou met ’n donkerbril wat haar Lucky Strikes met soveel toewyding rook ...
 
Dit is ’n diggeweefde web van verraad en misleiding wat hy eiehandig sal moet ontrafel. Sonder genade. Want hy is Die Sluiper en genade is God se domein.
 
Met Die onaantasbares  het Steve Hofmeyr liefhebbers van spanningsromans aan Die Sluiper bekend gestel. In Die Lucky Strike  leer ons die gesiglose in sy weerloosheid ken.
 
Hierdie opvolgroman sal nie teleurstel nie. Weerloosheid het nooit ’n huurkontrak nie. Dit bly altyd persoonlik.
Standard delivery terms apply.
Out of stock items can be ordered. Contact robyn@uppercasebooks.co.za to place your order.

Hello You!

Join our mailing list