My Cart

Close

My groot vet Griekse Egskeiding deur Pat Stamatélos

Sold Out

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: 02/15 - OUT OF PRINT!

Polly en haar Griekse man Archie besit ’n groot boekwinkel in Randburg waar klante die koerant sit en lees terwyl hulle na die ou jukebox luister en aan die Griekse gebak peusel. Maar Polly se wêreld stort in duie wanneer sy op ’n dag tuis kom om te hoor Archie is saam met ’n vrou in ’n luukse motor daar weg is.

Na ’n jaar is Archie stééds weg, en niemand weet waar hy is nie. Hy stuur kort, kriptiese boodskappe aan sy twee kinders en uiteindelik een aan sy prokureur om te sê dis reg so, Polly kan aangaan met die egskeiding en sy is geregtig op helfte van alles wat hy besit.

Maar Archie daag nooit op vir enige hofverskynings nie en die egskeiding kan nie voltrek word nie. Daar word ook geen geld uit hulle bankrekenings getrek nie en uiteindelik wonder Polly of die man ooit nog lewe.

My groot vet Griekse egskeiding gaan oor die soeke na Archie, Polly se gesukkel om te skei, en ’n reuse-verrassing. Die roman is vol humor en patos deur die skrywer van die topverkoper Kroes.

Standard delivery terms apply.

Out of stock items can be ordered. Contact robyn@uppercasebooks.co.za to place your order.

Hello You!

Join our mailing list