My Cart

Close

Net mooi fine deur Lanie van Reenen

R 230.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: 04/19

Wat bly oor vir ’n doodgewone vrou wat eens ’n chateau in Frankryk besit het en haar tans anderkant die perk van sogenaamde bejaardheid bevind? Net mooi fine is die opvolg van Lanie van Reenen se suksesvolle C’est la Vie. Dit beskryf die jare nadat Van Reenen se hotelonderneming in Frankryk in 2012 bankrot verklaar is. Nou moet sy aangaan met haar lewe ná die afsterwe van haar man en die leë nes wat haar in die gesig staar nadat haar kinders een na die ander die huis verlaat het om ’n eie bestaan te maak.

In die proses om vrede te maak met dié gebeure, spandeer Lanie eindelose ure op die blou bank van haar sielkundige, en sy leer om verskeie uitdagings te verwerk: die versorging van haar sterwende eggenoot nadat hul huwelik verbrokkel het, en die impak van die dood van ’n dierbare vriendin, Merwede van der Merwe. Op haar pad na heling onderneem Lanie vele avonture: soms per fiets, soos wanneer sy die Camino Portuguese voltooi; maar ook te voet, soos die tog na Mount Everest se basiskamp wat sy ter wille van liefdadigheid aanpak. In hierdie ontroerende omstandighede ontstaan die vraag: Wat is die somtotaal van verlies? En hoe groot is die wins wat daardie verlies tot gevolg kan hê sodat ’n mens ten slotte kan sê: “Eintlik is alles net mooi fine”?

Standard delivery terms apply. 

Hello You!

Join our mailing list