My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Om Tot Verhaal te Kom deur Lizette Rabe

R 295.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: April 2019

Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom 

Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie – of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind. 

Skryfterapie is ’n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is – om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie. 

Of jy jou werk verloor het, of deur ’n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met ’n ernstige siekte gediagnoseer is, of ’n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie. 

Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik ’n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot ’n digitale dagboek soos ’n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke 

Standaard afleweringsterme is van toepassing.