My Cart

Close

Onweerstaanbare Vyand deur Elize Davies

R 95.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R500.00.

Publikasiedatum: November 2019 

Op die spoor van liefde.

Irma Delport het grootgeword met die wete dat elke Retief die vyand is van enigiemand wat die naam Delport waardig is. Sy wil ʼn ruk op Nyumbani gaan bly (die wildsplaas wat haar oupa destyds saam met Dreyer Retief se oupa gekoop het), maar op Nyumbani kraai Dreyer Retief koning, en hy dring daarop aan dat sy eers die veldwagterskursus voltooi. Dit is ʼn strawwe kursus wat Irma bloed laat sweet, maar ʼn koppige Delport laat haar nie so maklik deur ʼn oorheersende, baasspelerige Retief intimideer of afskrik nie. As Dreyer net nie so aantreklik was nie, en as hy net nie so lekker gesoen het nie ...

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. Onweerstaanbare Vyand is Elize Davies se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in:

  • Maanligliefde (April 2016)
  • Vermetele mansmens (April 2017)
  • Liefste verleidster (April 2018)
  • ʼn Man vol verrassings (Mei 2019)

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Hello You!

Join our mailing list