My Cart

Close

Ou Liefde Nuwe Liefde deur Malene Breytenbach

R 240.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R500.00.

Publikasiedatum: November 2019 

Van vennoot na sielsgenoot! 

Kristin Kingsley se baas en geliefde, Ray Retief, lig haar en al die personeel van Conferences Etcetera in dat hy die besigheid sluit. Boonop los hy haar vir ʼn ander vrou.

Ontnugterde Kristin stig ʼn nuwe besigheid. Haar aantreklike buurman, Ryno Brink, die gastehuiseienaar langsaan haar huis in Stellenbosch, was nog altyd soos haar broer. Hy word haar vennoot en help haar om die nuwe besigheid op die been te bring. Hulle reël ʼn kongres waar dinge verkeerdloop en hulle verskeie dramas beleef.

Kristin besef dat haar liefde vir Ryno verdiep en hy voel dieselfde. Hulle moet egter ʼn aantal struikelblokke trotseer voordat hulle mekaar werklik kan vind.

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. 

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Hello You!

Join our mailing list