My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R550.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Percy Jackson En Die Olimpiërs 1: Die Weerligdief deur Rick Riordan

Write a review
R 180.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 15-21 dae!

Publikasiedatun: Maart 2021 

 

Percy Jackson is op die punt om uit sy kosskool geskop te word … al weer. En dis die minste van sy probleme. Die afgelope tyd maak allerhande mitologiese monsters en die gode van Olimpus hul opwagting in Percy se lewe, asof hulle so reg uit die blaaie van ’n handboek oor die Griekse mitologie gestap kom. Boonop is ’n paar van hulle woedend vir hom. Zeus  se meesterweerligstraal is gesteel, en Percy is die hoofverdagte.

Nou het Percy en sy vriende net tien dae om Zeus se gesteelde eiendom op te spoor en terug te besorg, anders gaan daar oorlog op die berg Olimpus uitbreek. Maar as hy sy heldetaak wil voltooi, sal Percy meer moet doen as net die dief vastrek hy sal vrede moet maak met die pa wat hom nie wou hê nie; hy sal die raaisel van die Orakel moet oplos, wat hom waarsku dat ’n vriend hom gaan verraai, en hy sal ’n konkelplan moet probeer fnuik wat magtiger as die gode self is.