Polsslag deur Marie Lotz

Regular
R 221.00
Sale
R 221.00
Regular
R 315.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 3-5 dar!

Publikasiedatum: Junie 2022 

Speurder-kaptein Alek Strauss van die FSO word saam met sy span uitgeroep na ’n raaiselagtige moordtoneel. Die liggaam van ’n vrou is in ’n afgeleë bouval in Pretoria-Oos gevind. Advokaat Lynn Rawlins is skynbaar verwurg. Teen die muur staan in bloed geskrywe: Spreche nichts Böses, oftewel Speak no evil

Doktor Nadiya Patel, die FSO se forensiese sielkundige, is vas oortuig die moordenaar se modus operandi – die skrif teen die muur, een geamputeerde ledemaat en ’n tong wat verwyder is – is ’n waarskuwing dat nog lewens in gevaar is.

’n Paar maande tevore, iewers in Sandton, sukkel juweliersontwerper Marlia Heystek om kop bo water te hou. Haar vierjarige dogtertjie is ’n handvol, en so ook haar baas, Rhyno Weidemann. Sy en Rhyno is besig met die afronding van die Waffe-reeks, wat lewensgetroue wapens in juweliersware vergestalt.

Wat Rhyno nie weet nie, is dat die geldmagnaat Leonard Adendorf ’n verleidelike aanbod aan Marlia gemaak het. As sy in die geheim ’n reeks unieke juweliersware vir anonieme vriende van Adendorf ontwerp, hoef sy nooit weer haar sente om te draai nie.

’n Fassinerende spanningsroman deur Marie Lotz, die skrywer van RoofdierPolsslag is die tweede in die reeks.