Rateltaai: Ethienne Reynecke se tragedie en triomf deur Tinus van Staden

Regular
R 260.00
Sale
R 260.00
Regular
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Augustus 2021 

In 2018 het die doodsengel drie keer aan die oudrugbyspeler Ethienne Reynecke se deur geklop. Hy het geweier om oop te maak – toe sy milt bars, toe hy ’n beroerte gehad het en toe hy in die agterkop geskiet is. Boonop, ná ’n egskeiding daardie jaar, het sy twee liefingdogters na ’n ander stad verhuis.

Die noodlot het sy spraakvermoë gesteel en hom sy werk as kommentator by SuperSport gekos. Dit het hom, soos Reynecke dit stel, in ’n pampoen verander. Maar het hy geweier om bes te gee. Minder as twee jaar later, in Maart 2020, word Reynecke die Suid Afrikaanse ligswaargewig- amateurkampioen in gemengde
gevegskuns (MMA).

Hierdie is die storie van hoe Ethienne Reynecke dit reggekry het om staande te bly en vas te klou aan hoop waar wanhoop ander sou meesleur.