My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R550.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Hier waar ek nou is deur Matty Strydom

Write a review
R 295.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 15-21 dae!

Publikasiedatum: Augustus 2021 

Hierdie boek is die kroniek van ’n ma se reis ná die selfdood van haar 19-jarige dogter, Jessica. Dit bereis die intense fases van rou en verlies. Dié reis is verweef met haar eie fisiese reise na Suidoos-Asië en ander soms ongewone bestemmings. Jesse laat geen brief agter nie. Ma en dogter was na aan mekaar, al twee hoogs kreatief en passievol. Matty gaan op reis om huis te hou met haar smart. In dagboekinskrywings praat sy met Jess, probeer sy sin maak en probeer sy bo alles haar dogter se besluit en dood eer soos sy haar lewe geëer het. Sy vind troos in boeke en kunsmuseums. Dis ’n aanhoudende gesprek; liries en kreatief. Dis fragmentaries soos ʼn spieël wat versplinter het, met baie lig tussen die skerwe.

Die manuskrip is in drie dele: Die eerste gedeelte handel oor die onmiddellike nadraai van haar kind se selfdood, dan ’n verslag van die skrywer se ‘gap year’ in Maleisië waar Jessica haar onsigbare reismaat is, ten slotte is sy terug by die huis, stoei sy met borskanker en versorg sy haar 98-jarige ma tot dié se dood.