My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R550.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING CURRENTLY SUSPENDED!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Reza de Wet: Die dramaturg as dromer – ’n Huldiging deur Temple Hauptfleisch en Marisa Keuris

R 200.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 7-14 dae!

Publikasiedatum: Februarie 2020

Reza de Wet: Die dramaturg as dromer bestaan uit twee dele. In Deel I word ’n persoonlike blik op haar lewe en werk gegee deur herinneringe gedeel deur haar Afrikaanse uitgewer (Marietjie Coetsee), haar jarelange regisseur (Marthinus Basson), asook verskeie ander kollegas binne die teaterindustrie. In Deel II dra sewe nuwe akademiese hoofstukke by tot die bestaande korpus navorsing oor een van ons land se belangrikste dramaturge van die 21ste eeu.

Hierdie publikasie is die sesde in ’n reeks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat hulde bring aan literêre kunstenaars wat met die Akademie se Hertzogprys bekroon is en wat oor dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hulle werk verryk het.

Hoewel die Hertzogprys met sy meer as ’n eeu lange tradisie binne die bestel van literêre pryse nie die hoogste in geldwaarde is nie, het die verwerwing daarvan ’n besonderse prestigewaarde en is dit vandag ’n vlagskipprys in die Suid-Afrikaanse literêre wêreld. Die reeks sluit publikasies oor Adam Small, P.G du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach en andere in.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.