Rooigety deur Bets Smith (Word Junie 2022 Verwag)

Regular
R 232.00
Sale
R 232.00
Regular
R 290.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nog nie beskikbaar nie!

Publikasiedatum: Junie 2022 - Voorafbestellings Nou Oop!

Inwoners van Makulu Manzi het skaars herstel van die kinderpornografi eskandaal wat die dorp vroeër die jaar getref het. Nou is daar gerugte van moetiemoorde en ekstremistiese groepe wat kinders werf vir selfmoordbomaanvalle. Die plaaslike skool stuur rebelse tieners na regrukkampe, en selfs georganiseerde bloedskenking word met agterdog bejeën. Wanneer Daleen Boshoff se dogter tydens ’n uitstappie op die lyk van ’n tienerseun afkom, ruk dit die fondament onder hul uit. Is dit inderdaad moord vir moetie? Of hou die vermiste kinders verband met die bomaanvalle teen die kus van Afrika?