My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R550.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Sasha word Stil deur Jaco Jacobs & Angela Banks (illus.)

Write a review
R 155.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: November 2019

Word stil en luister ...

Elke Saterdagoggend gaan doen Sasha en haar gesin inkopies. Die motor vleg deur die besige verkeer.

Mamma loer in die spieëltjie.

“Waarom is jy vandag so stil, Sasha?” vra sy.

Sasha glimlag net en beduie met haar vinger voor haar mond. Sy spits haar ore. En luister.

Sy luister … Na die gedreun en getoeter van die motors in die stad, die gezoem van stemme in die winkels, die rustige gekoer van die duif in die tuin … En ’n wonderlike plan begin in haar kop broei.

Hierdie splinternuwe prenteboek deur Jaco Jacobs bevat pragtige illustrasies deur die kunstenaar Angela Banks, wat ’n klassieke, kunstige element aan die teks verleen. Die sterk fokus op geluide en musiek maak hierdie ’n baie prettige voorlees boek en ’n uitstekende manier vir ouers of onderwysers om kinders aan geluide bloot te stel.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.