My Cart

Close

Seuns van Bird Island deur Mark Minnie & Chris Steyn

R 280.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikaiedatum: 08/18

Dit is die laat tagtigerjare. Ernstige aantygings teen drie prominente NP-ministers doen die ronde. Een van die drie is, naas die staatshoof, die magtigste man in Suid-Afrika.
‘n Waagmoedige polisieman en 'n vreeslose joernalis ondersoek die gerugte dat jong seuns op 'n eiland aan die kus van Port Elizabeth misbruik word. Mark Minnie en Chris Steyn kom onafhanklik van mekaar af op dieselfde donker geheim. Maar die saak kry net kortstondig aandag voordat dit doodgesmoor word en verdwyn.
Dertig jaar later sit Steyn en Minnie hul bewyse bymekaar en lig die sluier oor dié skokkende gebeure - 'n verhaal van misdaad, toesmeerdery en amptelike medepligtigheid in die verkragting, en moontlik selfs moord, van weerlose kinders.

OOR DIE OUTEURS
MARK MINNIE is 'n voormalige polisieman wat in die 1980's by die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) se Narkotikaburo as speurder gewerk het. Sedert hy Suid Afrika in 2007 verlaat het, het hy 'n CELTA-onderwyssertifikaat deur die Universiteit van Cambridge in Linden verwerf. Daarna het hy vir die Universiteit van
Cambridge en die British Council in China as Engelse eksaminator gewerk. Tans werk hy as 'n Engelsonderwyser by die Universiteit van Guangzhou in China.
Al woon hy in 'n land ver van die huis, is sy gunsteling-tydverdryf om saam met mede-buitelanders daar sport te kyk, veral wanneer die manne in groen en
goud speel.
CHRIS STEYN is 'n ondersoekende skrywer en joernalis. Sy het oor die jare vir die Rand Daily Mail, The Star en die Cape Times gewerk. Sy was redakteur van
die ondersoekende joernalistiekspan van sestien koerante in die Independent Newspapers-groep. Nadat sy geweier het om teen een van haar bronne te
getuig, is sy noodgedwonge in ballingskap om gevangenisstraf in Suid-Afrika vry te spring. Terug in Suid-Afrika is sy in hegtenis geneem en aangekla omdat sy protes aangeteken het teen 'n apartheidsproklamasie wat media-vryheid drasties ingeperk het. Sy is die trotse mede-eienaar en bestuurder van 'n
boekwinkel op die kusdorp waar sy tans woon.

 Standard delivery terms apply.

Out of stock items can be ordered. Contact robyn@uppercasebooks.co.za to place your order.

Hello You!

Join our mailing list