My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Sizwe Spring deur Gaia Cornwall

Write a review
R 150.00
Quantity
- +

Email me when this is available

Publikasiedatum: Julie 2018

Sizwe is (amper) absoluut gereed vir 'n dapper duikslag!

Dis nie maklik om genoeg moed bymekaar te skraap vir jou eerste groot duikslag nie, maar Sizwe is amper absoluut gereed vir die groot sprong.

Sizwe is beslis gereed om van die duikplank af te spring. Sy swemlesse is agter die rug, hy het sy swemtoets met vlieënde vaandels geslaag, en hy kan spring soos min, so hy is glad nie bang nie.

“Dit lyk maklik,” sê Sizwe terwyl hy kyk hoe die ander kinders beurte maak op die duikplank. Maar toe Pappa sy hand 'n drukkie gee, druk hy terug. Hy moet buitendien eers besluit watter spesiale soort sprong hy gaan gee, en hy moet darem seker eers 'n paar strekoefeninge doen voordat hy op die duikplank klim …

In hierdie wonderlike storie oor hoe om jou vrese te bowe te kom, vang Gaia Cornwall 'n roerende oomblik vas tussen 'n geduldige en aanmoedigende pa en 'n vasberade seuntjie wat sommer dadelik jou hart sal steel.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.