Skilderkrans deur J.J. Olivier

Regular
R 182.00
Sale
R 182.00
Regular
R 260.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Mei 2021 

Dit is 1899. Oorlog tussen Brittanje en die Boere Republieke lyk onafwendbaar. Magdalena se familie verlaat die Kaap Kolonie vir die Oos-Vrystaat sodat haar pa vir die Republieke kan baklei. Jacobus se familie, en sy vriend Henog, is op pad Kolonie toe. Die twee trekke se paaie kruis by die Leeurivier, ’n ontmoeting wat ’n onherroeplike invloed op die res van hulle se lewens sal hê.

Van hulle vestiging op Nooitgedacht tot die eerste skote by die Slag van Stormberg, van guerrilla-oorlogvoering met die Boere kommando’s, tot die Britse verskroeide aarde beleid, van die konsentrasiekampe tot die poging om te hervestig na die oorlog; deur alles en meer sal hulle ’n pad moet oopkap om hul plek in hierdie onstuimige land te vind