My Cart

Close

Skoenlapper deur Irma Venter

R 245.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: 02/16

"Witwarm romanse, moord, die eksotiese Dar es Salaam: Irma Venter is ’n belowende nuwe spanningskrywer" – Karin Brynard (Plaasmoord)

Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ookal gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanië bevind. By ’n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf met ’n bos swart krulhare, ’n t-hemp wat sê Dr. Seuss is altyd reg, en ’n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reën en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoenêr op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?

Standard delivery terms apply.

Out of stock items can be ordered. Contact robyn@uppercasebooks.co.za to place your order.

Hello You!

Join our mailing list