My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

December closure: 18 December 2020 - 3 January 2021! Last day for deliveries Friday 18 December! Deliveries Resume 4 January 2021!

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Smit Motors deur Réney Warrington

Write a review
R 280.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Mei 2019

Jou buurman dink hy besit die polisie... 

Petra Smith erf onverwags haar oupa se ou werkswinkel in ʼn klein Vrystaatse dorpie. Daar is gelukkig kopers wat tou staan vir die gebou, maar Petra gaan, heel nuuskierig, kyk na hierdie eiendom waarvan sy nie glad nie geweet het nie. 

Daar aangekom, ontdek sy die erf vol motorwrakke wat aan die plaaslike slagter behoort. Dié einste slagter is ook die buurman, hy is ’n vroueslaner en hy skeep sy seun, Monty, af, maar hy het kontant en staan gereed om Smit Motors te koop. 

Petra, wat baie lief was vir haar oupa, wil nie die erflating aan so ’n persoon verkoop nie en ’n mini-oorlog breek uit. 

Dinge word nog moeiliker toe Arno, ’n reus van ’n man met die psige van ’n kind, aan haar deur kom klop. Hy wil help. 

Die reus maak homself tuis en word vriende met die slagter se seun, Monty. 

Petra hoort nie in hierdie dorp nie. Sy mis haar mooi meisie en die roman wat sy wil skryf, bly tweede kom in die oorlog met die slagter. 

Die slagter hoort wel op die dorp. Hy ken die polisie en intimideer almal. 

Sal die vreemde Petra en haar twee nuwe maats, Arno en Monty, die oorlog kan wen? 

*** 

Die boek word uit verskeie perspektiewe vertel. Petra is een perspektiefkarakter, so ook is die Johanna, Monty se oppasser. Aan die ander kant van die wêreld bly Susan, ʼn kunstenaar, vasgevang in ʼn luukse Sweedse kunstepark, nog ’n perspektiefkarakter. 

Wat het hierdie vroue met mekaar in gemeen? Hoe bind Smit Motors hulle almal? 

Smit Motors is toeganklike literêre fiksie. Réney Warrington slaag daarin om die spanning snaarstyf te hou, terwyl die leser die speurwerk moet doen, wetende dat iemand se bloed sal moet vloei. Die vraag is: Wie s’n? 

Standaard afleweringsterme is van toepassing.