Sneeu in die Karoo deur Jeanne Goosen

Regular
R 180.00
Sale
R 180.00
Regular
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Augustus 2021 

'n Nuwe novelle van die gewilde skrywer Jeanne Goosen verskyn binnekort by Hemel & See Boeke. Sneeu in die Karoo 'n uiters rare boek, waarin twee novelles verskyn: Eerstens Jeanne Goosen se beskrywing van 'n maand se verblyf in Nieu-Bethesda. Sy gaan juis na dié klein Karoodorpie om te skryf en neem haar huishulp, Agnes Morao, saam.

Om Agnes besig te hou, koop Jeanne vir haar 'n Croxley oefenboek en 'n pen. Agnes begin skryf oor alles wat sy in Nieu-Bethesda ervaar – en oor haar kinderdae – terwyl die eintlike skrywer, Jeanne Goosen, nie aan die werk kan kom nie.

Die verskyning van Agnes se boek – dit is ook die titel daarvan – in een band saam met Jeanne Goosen se novelle is heel waarskynlik 'n eerste in wêreldletterkunde

Goosen is die bekende skrywer van, onder andere, Ons is nie almal so nie, 'n Pawpaw vir my darling en die digbundel, Het jy geweet ek kan toor. 'n Biografie, Jeanne Goosen – 'n Lewe vol sinne, deur Petrovna Metelerkamp, het in 2020 by Hemel & See Boeke verskyn