Somtotaal deur Anchien Troskie

Regular
R 220.00
Sale
R 220.00
Regular
R 275.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Mei 2020 

Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam groot geword op 'n afgeleë plaas in die Oos-­Kaap.

Boesemvriendinne gewees – tot een dag van verraad. En nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al ’n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester. Sy word die oggend wakker van ’n droom waarin sy en Nonthando tol en tol en tol, haar maatjie al verder weg van haar.

Met die wakker word is die wete meteens helder: so kan sy nie aangaan nie, nie met die geheime wat sy met haar saamdra nie. Dit moet ’n einde kry.

Met dié nuwe roman vestig Troskie haar opnuut as verrassende, meevoerende skrywer. Dit is ’n storie wat geen leser onaangeraak sal laat nie, want dit gaan oor vriendskap, oor leuens, en oor vergifnis. Troskie het ’n fyn, fyn hand. Sy vertel ’n verhaal met groot vertedering, maar ook met humor. Somtotaal is voorwaar ’n hoogtepunt in haar skrywersloopbaan.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.