Spieëltjie, spieëltjie deur Jan Vermeulen

Regular
R 224.00
Sale
R 224.00
Regular
R 280.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 15-21 dae!

Publikasiedatum: November 2021


Doktor Olaf Demeyer herstel nog van sy vierdubbele hartomleiding en die trauma van vorige ondersoeke waarby hy betrokke was. Om die waarheid te sê, hy moes lankal aftree as forensiese profileerder van die SAPD. Maar dan kom vra Lucida Winterbach sy hulp. Sy glo ’n moordenaar teiken studente van haar Elegant Queens Academy, ’n skool vir skoonheid en modelwerk. Al die meisies is minderjarig, met blinkoogdrome van skoonheidstitels en modelkontrakte. Tot van hulle naak op die bodems van swembaddens in die omgewing gevind word.