Stil Vloei die Komati deur Elize Parker

Regular
R 224.00
Sale
R 224.00
Regular
R 280.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 15-21 dae!

Publikasiedatum: Junie 2021 

’n Fratskoeël het hulle dit genoem. Die een wat hulle nefie, Jaco, in die voorkop
net bo sy oog getref het. Sy ouers het die drie niggies vir sy dood verantwoordelik
gehou.


Jare later word Lenore se hulp ingeroep om die renosterkalfie by Bateleur te
help versorg. Haar droom is om ’n toevlugsentrum vir diereslagoffers van
wildmisdaad te stig. Tarien droom daarvan om ’n skuilhuis vir die slagoffers
van mensehandel teen die grens te vestig. Maar nou is sy al hoe minder
oortuig sy is waar sy moet wees. Bella dra ontwerperspakkies. Hofsaak ná
hofsaak maak sy seker die waarheid seëvier. En nou is hulle deur Tjaart,
wildboer en een van die rykste suikerrietboere duskant Komatipoort,
bymekaar gebring om die bande te knip of bevestig.