My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Swart Goud deur Bertie Cloete

Write a review
R 245.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: September 2020

Einde 1986 kom die Grensoorlog vir Wim Gewers en sy makkers tot ’n einde. ’n Laaste operasie in Angola eindig egter rampsoedig en Wim bevind hom terug in die Nuwe Suid- Afrika, in diens van die Suid-Afrikaanse Polisie, as ’n speurder. Die laaste gebeure in Angola kom spook egter by Wim en sy makkers. Die Amerikaners se honger na olie lei tot moord en kaptein Wim Gewers moet die saak ondersoek. Die Amerikaners soek wraak en dit ontaard spoedig in ’n kat-en-muis speletjie wat in Suid-Afrika, Namibië, Londen en New York afspeel.

Die boek is nie net spanningsvol nie, maar vertel ook van Wim se vurige verhouding met die olie slagoffer se beste vriendin, Mienke. Piet van forensies en die aanvallige blondine, Mercia, verskaf genoeg vermaak, sodat jy met al die spanning, moord, misdaad en passie, eenvoudig nie die boek kan neersit nie.