My Cart

Close

Ta-Da! Tuis Kombuis deur Johané Nielson

R 290.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R500.00.

Publikasiedatum: 08/18

As jy jou gaste wil beïndruk, maar nie ure voor die stoof wil deurbring nie, is Ta Da! net die kookboek vir jou.

Tuis, Suid-Afrika se voorste dekor- en tuingids, se resepte is ewe gewild as hulle mooimaakplanne. Dié tydskrif se kosredakteur, Johané Neilson, het die resep vervolmaak om met maklike truuks indrukwekkende kos voor te sit. Sy deel handige wenke vir hoe om die ta-da! in ’n gewone dis te sit en dit moeiteloos soos ’n Michelin-maal te laat lyk.

Die boek is ingedeel volgens die seisoene en bevat alles van ligte somersmaaltye tot koesterende winterskos, resepte vir bykosse en liplekker nageregte. Daar is alles van kerrieviskoekies en potgebraaide bief met spek en biltong tot botterskorsie-rolkoek en klapperkoek.

Dit was nog nooit so maklik om jou geliefdes te beïndruk nie!

Standard delivery terms apply.

Out of stock items can be ordered. Contact robyn@uppercasebooks.co.za to place your order.

Hello You!

Join our mailing list