My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Koors deur Deon Meyer

Write a review
R 335.00
Quantity
- +

Publication Date: 08/16

Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur ‘n SA landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels en al hoe meer moorddadige hondebendes en mensebendes swerf Nico en Willem, op soek na ‘n plek om oor te begin.

Wanneer hulle dit sover het by Vanderkloof nou Amanzi saam met ‘n groep swerflinge, steek al die sondes van die mensdom weer kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die plunderende motorfietsbendes raak al moeiliker. En wat van die geheimsinnige Domingo, wat by Amanzi aankom op ‘n motorfiets en spoedig as paramilitere leier ontpop? Kan hy ooit vertrou word? Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi...

In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ‘n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.

Standard delivery terms apply.