My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Tweegevreet deur Zirk van den Berg

Write a review
R 290.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Julie 2020

Wanneer Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei ingeroep word om die dood van ’n boer in die Hochnamibdistrik te ondersoek, het hy geen rede om te vermoed dat moord die oorsaak is nie. In 1905 in Duits-Suidwes-Afrika is ’n aanval deur ’n wilde dier nie ongehoord nie en te oordeel aan die merke aan die lyk was dít die man se lot. Maar dan ontdek Bock ’n luiperdkarkas waarvan die voorpote afgesny is ’n ent daarvandaan . . .

Is die boer dalk deur 'n mens gedood? Het die moordenaar merke met die luiperd se kloue aan die lyk toegedien om dié feit te verberg? Terwyl Siegfried die saak ondersoek, kry hy ook te make met spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Boonop worstel hy met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. Kan hy dit alles te bowe kom en geregtigheid laat seëvier?

Soos in sy voorganger, Die vertes in, word gewigtige tematiek subtiel in Tweegevreet se boeiende spanningslyne verweef.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.