My Cart

Close

Vier Begrafnisse en ‘n Troue deur Pat Stamatélos

R 295.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R500.00.

Publikasiedatum: 10/10

Dulcie-Anne Douglas is ’n miljoenêr – op skrif. Twee jaar gelede is haar man oorlede in ’n treinongeluk, en toe die polis uitbetaal is, het sy in ’n japtrap vir haar en die kinders ’n smart huis in die woonbuurt van Roxy gekoop. Weg van Gumaville se arm bure en vuil brakke.

Maar Gumaville se inwoners wil háár eenvoudig nie los nie. Veral nou ná haar skoonsuster Hanna se begrafnis word haar drumpel skielik deurgetrap. As dit nie haar swaer Sparkie is nie, is dit haar seun Ashwin se onbeholpe gilfriend Lucretia, of die welaf eiendomsagent Rocky van der Merwe. Kan almal om haar haar nie ’n slag in rus en vrede laat nie? Wat moet die bure dink?

’n Tong-in-die-kies roman deur die skrywer van Kroes en Die val van die dice. Stamatélos skeer die gek met wit, met bruin, met swart. ’n Eg satiriese roman wat ’n mens uit jou maag laat skater, grinnik en kop skud oor die aardigheid van menseverhoudinge in ons geliefde land.

Standard delivery terms apply.

 

Hello You!

Join our mailing list